Mieliemuffins

Bestanddele
50g botter, gesmelt
1 eier
125ml roomsoort mielies (klein blikkie)
125ml melk
125ml gerasperde cheddar kaas
65ml suiker
375ml meel
15ml bakpoeier

Metode
Voorverhit die oond tot 210ºC. Giet die botter in ‘n mengbak en voeg die eier en suikermielies by – meng goed. Voeg eers die melk by en dan die kaas, suiker en sout. Meng goed. Sif die meel en bakpoeier by die mengsel in. Vou die meelmengsel by die bestanddele in – moenie te veel meng nie. Skep die mengsel in gesmeerde uffinpannetjies en bak 10-15 minute.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,879 times, 8 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *