Natasja se noedels

RSG

Bestanddele
500g macaroni
50ml olie
2 uie opgekap
300g vars sampioene of 410g blikkie sampioene opgekap
410g ingedampte melk
375ml melk
1 pakkie geroomde sampioen-soppoeier
1kg gekookte hoender of 1kg ham – opgekap
5ml Marjolin of gemengde speserye
Ten minste 5 hande vol gerasperde kaas
Paprika

Metode
Kook macaroni soos gewoonlik, dreineer en hou eenkant. Braai die uie in die olie tot sag en voeg die sampioene by en braai nog bietjie. Meng die soppoeier, ingedampte melk en melk en voeg dit by die uie en sampioen-mengsel en kook tot dik. Voeg nou die vleis by en kook tot warm. Voeg die kruie en twee derdes van die kaas by en laastens die macaroni. Proe of jy enige meer kaas of sout benodig. Sit in oondbak en sit oorblywende kaas oor en strooi paprika oor. Bak vir 20 minute teen 180 grade Celsius.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 197 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *