Piesang-en-boontjie-slaai

Bestanddele
1 blik (420g) boontjies in tamatiesous
30ml mayonnaise
15ml tamatiesous
3ml swartpeper
3ml geuropwekker
3 piesangs, geskil en in skyfies gesny
5ml suurlemoensap
3ml paprika

Metode
Gooi die boontjies in tamatiesous in ‘n slaaibak uit en roer die mayonnaise en tamatiesous by. Sprinkel die speserye oor. Besprinkel die piesangs met suurlemoensap en roer by die boontjiemengsel in. Sprinkel die paprika oor. Hou die slaai in die yskas totdat dit voorgesit word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,683 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *