Sampioenrys

Bestanddele
1 ui (gekap)
250g vars sampioene (fyngekap)
30ml olie
500ml rys
15ml aftrekselpoeier
5ml sout
1 liter kookwater

Metode
Braai die ui in die olie tot goudbruin. Voeg die sampioene by en braai vir ’n paar minute. Voeg die rys by en roerbraai tot die rys begin verkleur. Meng die kookwater, sout en die aftrekselpoeier en voeg dit by die rys. Bedek en laat kook tot die rys uitgeswel en sag is.  Bedien met vleisgeregte.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 645 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *