Semelroombeskuit

Bestanddele
1kg bruismeel
8 x 250ml semels
500ml witsuiker
5ml sout
1 liter room (of ½ room en ½ ingedampte melk)
500g margarien of botter

Metode
Verhit oond tot 180ºC. Smeer twee rolkoekpanne van 40 x 27 x 2. Meng die bruismeel, semels, witsuiker en sout saam en frummel die smeer daarin. Voeg die room by en meng goed. Druk deeg eweredig met spaan in panne. Sny die deeg in vierkante van ongeveer 4 x 6cm. Bak beskuit ongeveer 45 minute tot gaar en effens bruin. Keer versigtig uit op draadrak en laat afkoel. Wanneer koud, sny stukke los deur vurk in snymerke te steek. Droog beskuit uit in koel oond.

Wenk
Voer panne uit met waspapier of bakpapier want die beskuit is baie bros en geneig om aan die was vas te sit. As die deeg bietjie droog is, kan bietjie ekstra melk bygevoeg word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,902 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *