Sjerrie Hoenderpotjie

Bestanddele
100g swoerdlose ontbytspek in repe gesny
6-8 Hoenderstukkies
50g margarien
3 geelwortels
4 middelslag aartappels geskil en gehalveer
1 blik ertjies
250g knopiesampioene
3ml matige kerriepoeier
5ml swartpeper
3ml geuropwekker
3ml knoffel
125ml Sjerrie
1 hoenderaftreksel-blokkie opgelos in 300ml kookwater

Metode
Braai die hoender en spek in die margarien tot bruin. Voeg die groente in hierdie volgorde by die hoender: wortels, ertjies, aartappels en sampioene. Meng die speserye met die sjerrie en die hoenderaftreksel en giet dit oor die groente. Sit die deksel op en laat 45 – 60 min. prut.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 472 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *