Ouma Loekie
Bestanddele
½ koppie Kakao
¾ koppie Kookwater
1 ¾ koppie Meel
3 teelepels Bakpoeier
1 ½ koppie Suiker
½ teelepel Sout
½ teelepel Vanilla
4 Eiers
½ koppie Kookolie
½ koppie Koue water
Metode
Meng ½ koppie Kakao met ‘n ¾ koppie Kookwater. Laat afkoel. Maak holte in die droë bestanddele en voeg Kakao mengsel by. Gooi Vanilla, Eiergele, Kookolie, en ½ koppie koue water by. Meng baie goed en vou laaste die styfgeklitste eierwitte in. Bak in twee gesmeerde koekpanne vir ± ½ uur tot gaar.
(Visited 296 times, 1 visits today)
Advertisements