Tersia se hoender- en basiliekruid lasagna

RSG

Bestanddele
10 hoenderporsies
Opgekapte suurlemoen
Ui
2 wortels
Sout
125g botter
¾ koppie meel
1 liter melk
Nog ‘n ui
Knoffel en gemmer
2 blikkies tamatie stukke
1 blikkie tamatiepuree
1 bossie basiliekruid
Kaas
Lasagna blaaie (Spinasie geur as jy wil)

Metode
Kook hoenderporsies met opgekapte suurlemoen. Kap ui en wortel op en gooi sout by en kook tot sag. Maak witsous met die botter, meel en melk. Braai ui, knoffel en gemmer. Gooi tamaties en puree in. Gooi hoender in uie mengsel. Gooi opgekapte basiliekruid in. Gooi bietjie witsous onder in oondbak. Sit lasagna blaaie bo-op.
Gooi bietjie hoendermengsel op. Gooi weer witsous. Weer lasagna blaaie en hoendermengsel. Gooi witsous bo-oor en strooi kaas oor. Bak in voorverhitte oond op 180 grade vir so 45 minute.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 448 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *