Vars tamatie-quiche

Bestanddele
150g Montali- of Tussers kaas, gerasper
1kg ferm, ryp tamaties
50g sagte botter of margarien
100ml room
2 eiers, geklits
sout en peper na smaak
voorbereide, gebakte kors

Metode
Verwyder skil en pitte van tamaties. Kap die vlesige gedeelte grof en plaas in ’n vergiettes om te dreineer. Sprinkel 50g kaas bo-oor die kors. Meng die orige kaas, botter en room en klits die eiers by. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Versprei die gekapte tamatie egalig bo-oor die kaas in die kors. Bedek met die kaas-en-eiermengsel.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 254 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *