Amore se Bloukaas en Roket pasta ~ RSG

RSG

(Vir 4 mense)
Bestanddele
1 pakkie pekanneute
1 pakkie vars roket blare
2 blou kase
3 tot 4 stingels sprietuie
Penne pasta
sout en swartpeper

Bestanddele en Metode
Kook Penne pasta. Sny kaas in klein blokkies. Kap sprietuie. Skroei die pekanneute in ‘n pan met botter tot bros – pas op dit brand vinnig – maksimum 2 minute. As pasta gaar is, voeg kaas by pasta, dit smelt, en vorm ‘n natuurlike sous. Voeg die res by, met roket blare heel bo-op. ‘n Lekker groente daarby, is botter neut skorsie, gesny in blokkies, hou vel aan. Sit dit in oondpan, bedruip met balsamiese asyn, olyfolie, sout en suiker. Bak vir 1 uur op 180 Grade en rooster dit vir die laaste kwartier. Bedien dit langsaan, dit voeg kleur en soetigheid by die dis.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 229 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *