Elize se wat-wat skorsies

RSG

Bestanddele en Metode
8 Skorsies
500g maalvleis
1 Ui
1 Groenrissie
2 Knoffelhuisies
1 pakkie sampioene
Sampioen-soppoeier
Braaivleis speserye
½ blikkie heel tamaties
Gerasperde kaas

Metode
Sny skorsies in helfte en kook met pitte in, tot sag. Skep pitte uit. Braai uie, groenrissie, knoffel en sampioene in bietjie olie. Voeg maalvleis by en braai gaar. Voeg sampioen-soppoeier, braaivleis speserye en tamaties by. Vul die skorsies met die vulsel en strooi gerasperde kaas bo-oor. Bak in oond totdat kaas gesmelt het. (NB: kaas moet net smelt en nie bruin bak nie, anders word dit hard)

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 374 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *