Emma se pampoen!

RSG

Bestanddele
1 groot wit pampoen
1 kg maalvleis
Knoffel
Knopiesampioene
2 pakkies beesstertsop
3 lepels geel margarine
Uie
Aartappels, in blokkies gesny
Tamaties, in blikkie
Swart peper en sout na smaak
1 koppie bruinsuiker

Metode
Sny stingel van pampoen redelik groot en rond af. Sit dit eenkant – moenie weggooi nie. Haal pitte met hand uit pampoen. Meng al die bestanddele deurmekaar. Stop dit in die pampoen tot bo. Sit stingel (deksel) terug – nie te styf nie. Smeer pampoen met botter. Draai toe met foelie en sit in matige oond oornag of van oggend tot aand teen 100 grade Celsius. Haal pampoen uit, sny soos ‘n koek, bedien met rys en slaai. Jy kan dit ook in ‘n swart pot sit, oor kole vir so 4 tot 5 ure.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 276 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *