Joe se korslose tert

RSG

Bestanddele
1 blik Weense worsies, gedreineer
¼ koppie gerasperde kaas
1 koppie melk
2 eiers, geklits
½ – 1 teelepel mosterdpoeier (na smaak)
1 teelepel gerasperde ui
1 teelepel pietersielie (vars of droog)
1 eetlepel meelblom
Sout en peper (swart/suurlemoen peper) na smaak

Metode
Druk worsies fyn met vurk. Voeg kaas, mosterd, ui en pietersielie by. Voeg geurmiddels by. In `n aparte bak, klits eiers en voeg melk en meelblom by.
Klits baie goed. Meng met res van bestanddele. Sit alles in tertbak. Bak vir 20 – 30 minute in `n voorverhitte oond teen 180 C.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 145 times, 2 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *