Tienie se onderwater frikkadelle

RSG

Bestanddele
1 kg maalvleis
Kwart brood
2 eiers
Pietersielie
Tiemie
Sout en pepper
Blatjang
2 gerasperde uie – gerasper
2 tamaties – gerasper
Koppie meel
1 pakkie sampioen-soppoeier
Bisto-sous

Metode
Sit brood in voedselverwerker en maak fyn. Meng die maalvleis en brood met geurmiddels. Voeg eiers, blatjang, uie en tamaties by en meng goed. Meng meel en soppoeier saam. Maak frikkadelle en rol dit in meelmengsel. Maak ‘n sous aan met die oorblywende meelmengsel met die bisto-sous. Plaas frikkadelle in ‘n oondbak en giet sous oor. Gooi water oor totdat die frikkadelle toe is onder water. Bak in ‘n voorverhitte oond van 180 grade Celsius vir sowat ‘n uur.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 123 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *