Albertus se skaapboud en patat skywe

RSG

Bestanddele
‘n Lekker groot skaapboud (2 kg of meer)
1 bol vars knoffel
6 -7 takkies vars roosmaryn
1 koppie ekstra suiwer olyfolie
Sout en varsgemaalde swartpeper
½ koppie rooiwyn
2 eetlepels garam masala (gebruik komyn as jy dit nie in die hande kan kry nie)
Sojasous
½ koppie suurlemoensap
3 groot patats – geskil en in skywe van 2 – 3 mm gesny
Paar eetlepels appelkooskonfyt

Metode
Ontbeen die boud (vra jou slagter as jy sukkel) en vlek oop sodat die vleis oral ewe dik is. Die boud het ‘n vetkant en ‘n vleiskant – gebruik ‘n skerp messie en sny die vleiskant vol kepies, so diep soos ‘n halwe vuurhoutjie en 2cm uitmekaar. Stop boud met van die knoffel en roosmaryn. Verf die boud met olyfolie en geur dit met sout en swartpeper.

Metode Sous
Meng die res van die olyfolie saam met die rooiwyn, suurlemoensap, garam masala, sojasous, die res van die knoffel en die roosmaryn-blaartjies in ‘n mengbak. Sit die sous en ‘n kwassie langs jou braaier. ‘n Enkele lagie kole wat jy van tyd tot tyd met meer warm kole aanvul, is al wat jy nodig het. Sit die rooster hoog, omtrent ‘n voorarmlengte van die kole af. Sit die bord op met ‘n groot oondbak deksel bo-oor sodat die boud in sy eie oondjie bak. Draai hom elke 5 minute om en verf hom met die sous. Na 30 minute meng jy ‘n paar eetlepels appelkooskonfyt by die orgie bedruipsous en gee die boud ‘n glanslagie aan elke kant. Dit behoort na sowat 40 tot 50 minute reg te wees, bros buite, ligpienk binne. Verf die patat skywe met olyfolie terwyl die boud gaar word en braai dit eenkant op die rooster. Druk ‘n vurk in om seker te maak. Jy kan ook ‘n bietjie garam masala oor die tjips strooi – die soetigheid van die patat werk goed saam met speserye.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 203 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *