Lisa se Feta-hoender pasta

RSG

Bestanddele
Hoender filette, opgesny
1 ui, opgekap
1 groenrissie
Spek
Knoffel
Sout en peper
Kruie
Witwyn
Melk
Mielieblom
Feta – een ronde blok
Skulpie- of skroefie noedels
Kaas

Metode
Braai uie en groenrissie saam. Voeg spek by en braai verder. Gooi nou opgesnyde Hoender filette by en geur met sout en peper. Voeg witwyn by en kook vir ‘n paar minute. Gooi melk by en later ‘n bietjie mielieblom om sous te verdik. Breek fetakaas op en voeg by hoender vulsel. Kook skulpie- of skroefie noedel pasta tot sag. Voeg in ‘n oondbak en gooi hoender vulsel by. Strooi kaas bo-oor en sit in oond. Bak totdat kaas gesmelt het.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 259 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *