Mamma Mia mossel sous vir pasta

RSG

Bestanddele
1 blikkie gekapte tamaties (of tamatie & uie smoor, solank dit fyn is)
¾ van ‘n 250ml houer room
2 blikkies gerookte mossels
1 teelepel gekapte knoffel
1 teelepel olie
2-4 porsies Tagliatelli
15 ml sjerrie
Vars fyngekapte plat blaar pietersielie (Italiaanse Pietersielie)
½ teelepel swartpeper
Opsioneel vir grêndgeid: 1 pakkie vars/gevriesde swart mossels met skulpe, deeglik gewas.

Metode
Maak pasta apart gaar: Sit ‘n groot kastrol gesoute kookwater op hoog met so 2 teelepels olie (Sodat die pasta mooi los bly) en voeg die pasta by, sodra die water borrel. Kook net vir 4 minute tot al dente – m.a.w. gaar maar ferm, nie oor sag nie.

Bestanddele Sous
Verhit die olie in ‘n medium kastrol. Voeg die knoffel by, braai so minuut. Voeg die blikkie tamaties by en roer deur. Sodra sous borrel, draai hitte af tot 2 of 3 en voeg room by (Kyk mooi, sodra die room warm word – word dit meer loperig). Roer deur. Voeg die mossels by. (Dreineer die geblikte mossels voordat jy dit byvoeg). Laat prut terwyl jy die pasta dreineer en in bakkies skep. Laastens roer die sjerrie, Pietersielie en ‘n fyngemaalde swartpeper in.

Metode
Skep sous bo-oor die pasta (met ‘n paar skulp mossels as jy dit gebruik). Bedien saam met warm knoffelbrood en groen slaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 963 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *