SPONSKOEK

Bestanddele
3 eiers
100 g suiker
3 ml vanielje
100 g koekmeel
knippie sout
3ml bakpoeier

Metode
Klits eiers, suiker en vanielje saam tot lig en donsig. Sif meelblom, sout en bakpoeier saam en vou by eiermengsel in. Giet in gesmeerde, gevoerde ronde glasbak van 26 cm en mikrogolf vir 4 tot 4.5 minute op volle krag. Laat staan vir 5 minute en keer dan uit. Laat afkoel. Die mengsel kan ook in twee gesmeerde, gevoerde bakpanne van 16cm gegiet word en een op ‘n keer vir ongeveer 3 minute gemikrogolf word. Lewer 1 groot of 2 kleiner sponskoeke.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,063 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *