Wit Sjokolade- Truffelkoek

Bestanddele Koeklaag
2 eiers
4 eetlepels (60 ml) strooisuiker
1/3 koppie (83 ml) koekmeel
knyppie sout
50g wit sjokolade, gesmelt

Bestanddele Sjokokadelaag
1 koppie (250 ml) dikroom
400g wit sjokolade, gekap
1 bakkie (250g) Fromage frais (sagte wit Franse kaas)

Bestanddele Afronding
1 Plak (100G) Bruin sjokolade

Metode
Stel oond op 180 ºC. Koeklaag: Klits eiers en strooisuiker tot liggeel en donserig. Sif meel en sout twee keer saam. Vou by eiermengsel in. Roer gesmelte sjokolade by. Skep deeg in 20cm- losboomkoekpan wat met bakpoeier gevoer is. Bak 25min. of tot toetspen skoon uitkom. Laat afkoel. Keer uit en laat verder op afkoelrakkie afkoel. Was koekpan en sit koek weer terug daarin. Sjokoladelaag: Verhit room in kastrol tot kookpunt. Roer gedurig sodat dit nie brand nie. Verwyder van hitte en roer sjokolade by tot gesmelt. Laat eenkant om bietjie af te koel. Roer Fromage frais daarby en skep op koeklaag Plaas vir 3 uur in vrieskas. Afronding: Giet gesmelte sjokolade op kapplank . Laat tot amper gestol en maak dan krulle met skraper of langpuntmes. Sit sjokoladekrulle op koek en sit in baie dun skyfies voor.

Wenk
Fromage frais is by Woolworths te koop.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 96 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *