Aartappeldis

Hierdie aartappeldis is veral lekker saam met ’n visbraai, maar kan weereens suksesvol saam met ander vleisgeregte voorgesit word.

 

 

 

 

 

 

Bestanddele
gaar aartappels (6 – 8 mediumgrootte) gereken teen een aartappel per persoon)
sampioenroomsop of wit uiesop, of kombinasie van die twee
150ml melk (om die pakkie sop mee te meng)
vars sampioene (in skywe gesny)
250ml room
swartpeper
aromat

Metode
Gebruik ‘n vlak oondskottel en smeer met margarien of botter. Plaas ’n laag aartappelskywe op die bodem. Strooi die helfte van die sampioene en uie bo-oor. Strooi swartpeper en aromat oor. Vorm nog ’n laag aartappel, sampioene en uie en strooi peper en aromat oor. Meng die soppoeier met die melk en roer die room by. Gooi bo-oor die aartappels. Bedek die bak liggies met foelie en bak by 180 °C vir 20 – 30 minute. Die foelie word na 15 minute verwyder sodat die aartappels bietjie bruin kan bak.

Wenk
Die aartappeldis kan tot op die laaste druppel gebruik word. As daar ’n hoeveelheid oorbly, kan dit met ’n volgende ete baie maklik in sop verander word. Neem byvoorbeeld 2 koppies water en ’n hoenderaftrekselblokkie en verhit dit saam met die orige aartappels. Wanneer dit effe warm is, gebruik die voedselverwerker om dit in ’n heerlike roomsop te verander. Verhit verder. Voeg bietjie melk of room by vir ’n ryker sop en versier met gekapte pietersielie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 426 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *