Brenda se maklike tuna pastei ~ RSG

Bestanddele
1 blikkie tuna, in water (of fyngekapte hoender)
Skilferkorsdeeg
¾ koppie kaas
½ koppie mayonnaise
½ ui, opgekap
½ groenrissie
1 tamatie, opgekap
Sout en peper
Speserye na smaak

Metode
Rol deeg uit. Meng al die ander bestanddele saam en smeer oor deeg. Plaas op gesmeerde oondpan. Vou in lengte toe en smeer op geklitse eier bo-oor. Bak in voorverhitte oond teen 200 grade Celsius vir so 20 minute of tot deeg bruin word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,331 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *