Carlien se Biltong en Bloukaas-sop ~ RSG

Bestanddele
3 teelepels vars gemaalde swartpeper
Maak ‘n standaard witsous
Vars gerasperde neutmuskaat
Vars koljander
Klein bietjie cheddar-kaas
Bietjie port
Beesbiltong
Blou-kaas
Croutons

Metode
Maak witsous en voeg swartpeper en neutmuskaat by. Voeg ook opgekapte koljander by en net ‘n klein bietjie cheddar-kaas anders is dit te ryk. Voeg port en beesbiltong by en gooi ‘n liter warm water by, maar moenie die biltong te lank laat kook nie anders word dit steak. Krummel bloukaas bo-oor en ook die Croutons. PS: gebruik vars produkte en sop moet warm bedien word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 493 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *