Darelle se diep sous-garnale ~ RSG

Bestanddele
1 kg garnale (in doppe en heel)
125 g botter
125 ml soet chili sous
50 ml suurlemoensap
50 ml olyfolie
4 knoffelhuisies, fyngekap
vars koljanderblare

Metode
Smelt die botter en meng dan met chili sous, suurlemoensap, olyfolie en knoffel. Maak garnale skoon (haal die dermpie uit) en plaas in bak wat op vuur kan gaan.
Gooi sous oor garnale en plaas op vuur. Garnale sal begin verkleur na pienk wanneer hulle gaar is. Draai om sodat beide kante goed in die sous lĂȘ. Wanneer beide kante goed pienk is, haal garnale uit en plaas op kole om effens te braai aan beide kante.
Sodra effens bruin raak, plaas terug in sous. Voor opdien, voeg koljanderblare by na smaak. Bedien op couscous of met slaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 102 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *