Fatima se masala-snoek ~ RSG

Bestanddele Vis
1 snoek, in stukke gesny
Sap van 2 suurlemoene
3 teelepels knoffel
3 teelepels komyn
1 teelepel borrie
1 teelepel olie
½ teelepel rissie, opgekap (opsioneel)

Metode Vis
Voeg al die bestanddele by suurlemoensap, smeer op snoek en laat staan vir ‘n uur en ‘n half. Bak in ‘n pan met warm visolie tot goudbruin. Bedien saam met rys.

Bestanddele Rys
2 koppies rys, driekwart gaar gekook
1 koppie gemengde groente
2 uie
1 groenrissie
1 kaneelstokkie
4 kardemom pitte
2 naeltjies

Metode Rys
Braai kaneel, kardemom en naeltjies saam met uie en groenrissie tot goudbruin. Voeg dan gemengde groente met skootjie water by en wanneer die mielies gaar is, voeg die rys met nog ‘n skootjie water by. Stel plaat op laag en laat dit gaar stoom. Meng dit goed.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 104 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *