Grenadella en Peerystee

Bestanddele
Maak ysblokkies van grenadellamoes wat met water gemeng word – dit lyk pragtig
1 liter sterk, koue rooibostee
2 koppies (500ml) peersap
1 koppie (250ml) grenadellakonsentraat
1 blikkie (100g) grenadellamoes
2-3 koppies (500-750ml) sodawater of lemonade
ysblokkies

Metode
Meng die tee, peersap, grenadellakonsentraat en moes. Hou in die yskas tot net voor opdiening. Roer sodawater of lemonade by en giet oor ysblokkies in glase. Genoeg vir 6- 8 mense

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 106 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *