Groentesop ~ RSG

Bestanddele
Sopvleis/-bene
Halwe pak gort of sopmengsel
Genoeg water (2 liter)
Sout en peper na smaak
Groente in bokkies gesny of gerasper (wortels, aartappels, raap, uie, ens.)
1 pakkie soppoeier (voorstel was sampioensop, maar beesstert en dik groentesop doen ook die ding)

Metode
Kook sopvleis in stoompot vir so 20 minute andersins kook op stoof vir so 45 min tot ‘n uur. Voeg dan meer water by en sit die gort of sopmengsel, sout en pepper by – kook vir nog 15 min in stoompot of andersins tot sag op stoof. Gooi groente by en ekstra water om genoeg sop te maak vir aantal etes en kook tot amper sag. Maak soppoeier aan soos op pakkie aangedui en voeg by sop en kook in stoompot vir ‘n minuut of twee sonder deksel en op stoof kook vir nog so 15 tot 20 minute. Eet met tuisgebakte brood, vars broodrolletjies (veral bruin broodrolletjies) of roosterbrood

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 542 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *