Jaco se soetsuur vark ~ RSG

Bestanddele Beslag
1 – 1,5 koppies “self raising” meel
5 ml sout
Skeut rooipeper
Skeut sojasous
10 ml bakpoeier
1 blikkie sodawater
20 ml mielieblom

Metode Beslag
Meng al die bestanddele saam tot ‘n beslag so dik soos pannekoek deeg en laat staan in koelkas tot benodig.

Bestanddele Soetsuursous
1 Blikkie 440g
crushed pynappel
1 stuk gemmer + 2,5 cm lank
Sny in drie dele en slaan plat met ‘n mes
1 koppie asyn
150 ml suiker na smaak
200ml tamatiesous
Skeut rooipeper na smaak
Sout na smaak

Metode Sous
Gooi al die bestanddele saam in ‘n potjie en prut stadig. Verdik effens met meelblom indien nodig

Bestanddele Vleis
1kg vark repies (Goulash) + 1,5 cm dik
Koekmeel in ‘n plastieksakkie
Olie vir diepbraai

Metode
Skud die vark stukkies in die plastieksak met meel totdat dit bedek en droog is. Doop een-een in die beslag en diepbraai stukkies tot mooi bruin en krakerig. Plaas op papierdoekie om oortollige olie te dreineer. Sodra al die stukkies gebraai is kan dit in ‘n opdienbak gegooi word. Gooi die warm soetsuursous oor sodra daar begin word om te eet. Bedien saam met rys en enige groente.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,912 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *