Bestanddele
½ koppie lensies
2 hande vol roket blare
Bokmelk fetakaas
Vars beet (in blokkies gesny)
1 lemoen as slaaisous (of gebruik olyfolie en balsamiese asyn)
Metode
Kook lensies gaar, laat dit afkoel. Plaas roket blare in slaaibak. Strooi lensies oor en dan die beet. Strooi fetakaas oor en bedruip met slaaisous van jou keuse. Bedien met Italiaanse brood.
(Visited 269 times, 1 visits today)
Advertisements