Macaroni-en-kaas

Bestanddele
200g (375ml) macaroni
5ml margarien
2 ryp tamaties
sout en peper
150g (375ml) gerasperde cheddarkaas
2 eiers
500ml melk
‘n paar klontjies botter of margarien om oor te strooi.

Metode
Kook die macaroni volgens die aanwysings op die pakkie in kokende soutwater waarby die margarien gevoeg is. Dreineer die macaroni wanneer dit sag is en plaas dit in ‘n groterige, gesmeerde oondskottel. Voorverhit die oond tot 180ºC (350ºF). Bedek intussen die tamaties met kookwater. Laat dit ‘n minuut of twee daarin lê en trek dan die velle af.

Sny die tamaties in skywe en rangskik dit op die gaar macaroni. Strooi sout en peper na smaak oor. Strooi die kaas bo-oor. Klits die eiers en melk saam en voeg ‘n bietjie sout en peper by. Giet die eiermelk oor die macaroni in die oondskottel. Stip dit met ‘n paar klontjies botter of margarien. Bak die gereg sowat 40 minute of tot dit gestol is.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 392 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *