Petro se ongeluks aartappelsop ~ RSG

Bestanddele
1 pakkie kits kapok aartappel poeier
1 liter melk
1 pakkie sampioen soppoeier
1 medium ui, gerasper
Knoffel en parmesaan-geursel
Sout en peper na smaak
Fyn opgekapte oorskiet hoender, ham of gekerfde biltong
125ml room

Metode
Maak kapokaartappels aan met 1 liter kookwater. Sit op stoof en laat dit warm word.
Sit stoof op laer hitte en laat prut van hier af. Meng melk en soppoeier en voeg by aartappels. Voeg gerasperde uie by en laat prut. Voeg geurmiddels en hoender/ham/biltong by. Laat prut. Voeg room by vyf minute voor opdiening.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 118 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *