Rooikoek

Bestanddele Sponskoek
3 eiers
1 koppie (250ml) strooisuiker
1 koppie (250ml) melk
5 eetlepels (75ml) olie
2 koppies (500ml) koekmeel
3 teelepel (15ml) bakpoeier
knypie sout
1 teelepel (5ml) vanielje

Bestanddele Afronding
1 blikkie (450g) fyn appelkooskonfyt
1 teelepel (5ml) rooi voedselkleursel
3 koppie (750ml) klapper

Metode
Stel oond op 180 ºC. Sponskoek: Klits eiers en suiker tot goed gemeng. Verhit melk tot louwarm en roer olie daarby. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Voeg melkmengsel en meelmengsel beurtelings by eiermengsel en meng goed. Roer vanielje by. Bak in vlak gesmeerde kolwyntjiepannetjies. Keer uit en laat afkoel. Afronding: Verhit appelkooskonfyt tot warm en dun. Voeg kleursel by en meng goed. Dompel kolwyntjies daarin en rol dadelik in klapper.

Wenk
Bietjie kookwater kan by die konfyt gevoeg word om dit bietjie dunner te maak.
Lewer ongeveer 36 happies

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 252 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *