Susan se sjef-gehalte sop en volgraanbrood ~ RSG

Bestanddele Brood
3 koppies volgraanmeel
1 koppie hawermout
1 pakkie kitssuurdeeg
Sout
500ml karringmelk
Lou water

Metode Brood
Maak karringmelk warm. Meng met al die droë bestanddele en voeg lou water by en maak ‘n deeg. Sit in broodpan en sit in oond teen 70 grade vir 9 minute om te rys.

Bestanddele Sop
Botterskorsies, geskil en in ringe gesny
1 ui, in ringe gesny
2 hande vol vars basiliekruid
Olyfolie
1 liter vetvrye melk
Room (opsioneel)
Sout en peper
Rissie- en knoffel speserye

Metode
Strooi olyfolie en een hand vol basiliekruid oor groente en sit in oondvaste bak met deksel wat styf pas. Sit in oond waarin brood is, en verstel hitte tot 220 grade Celsius.
Bak vir 1 uur tot 1 uur en 20 minute of totdat botterskorsie sag is. Haal uit oond en sit in pot en voeg ander bestanddele by en kook saam. Dit is ‘n heerlike sop!

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 68 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *