Verlaagde-Kalorieë-Kaaskoek

Bestanddele
3 eetlepels (45ml) verlaagde suiker konfyt (weigh- less)
225g lae- vet maaskaas (smooth)
275g onversoete muesli
225g lae- vet roomkaas
300ml tropiese vrugtejogurt
2x 11g sakkies gelatien, opgelos in 6 eetlepels water
2 eetlepels (30ml) versoeter/ suiker
Gesnyde vars vrugte vir versiering

Metode
Voer ‘n 23cm losboomkoekpan uit met waspapier. Meng muesli en konfyt saam en druk onder in pan vas. Verkoel vir 20 minute. Klits maaskaas, roomkaas, jogurt en versoeter/ suiker saam. Roer afgekoelde gelatien in en skep op mueslikors. Verkoel vir 30 minute of tot geset. Maak kante los met mes en verwyder kaaskoek. Plaas op bord en versier met gesnyde vars vrugte. Genoeg vir 8- 10 mense

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 91 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *