WAFELS VIR ‘N WAFELPAN

Bestanddele
625 ml koekmeel
3 t bakpoeier
5 ml sout
230g botter/margarien
190 ml suiker
3 eiers
190 ml melk
125 ml kookwater
sonneblomolie vir bak
Verhit wafelpan.

Metode
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Verroom botter en suiker en voeg eiers een-een by en klits goed na elke byvoeging.
Roer meelmengsel beurtelings met die melk by die eiermengsel. Voeg die kookwater by (gebruik bietjie meer indien nodig) en roer dit vinnig deur. Gooi die regte hoeveelheid beslag op ‘n keer in die wafelpan en bak. Sit die wafels voor met gouestroop of heuning en room/roomys.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 477 times, 2 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *