Warm kerrie aartappelslaai ~ RSG

Bestanddele
5 medium aartappels
Knippie sout
1 ui in ringe gesny
100ml olie
3 teelepels kerriepoeier
5 teelepels suiker
5 teelepels Bisto
5 teelepels koekmeel
15ml suurlemoensap
350ml water

Metode
Kook aartappels met skil, koel af, trek vel af, maak aartappel in dobbelsteentjies. Braai ui in olie (Die olie lyk baie, maar dit maak deel uit van die sous). Meng al die ander bestanddele goed. Voeg aartappels by uie, plaas terug op stoof, gooi mengsel van ander bestanddele by en prut stadig tot dit verdik. Roer liggies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 990 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *