Blitsvinnig heerlike korslose souttert

Dankie Meermin

Ek het die volgende van Meermin ontvang:

Wil julle maar net laat weet dat ek met hierdie resep van my, die Eskort kompetisie gewen het!! Die resep gaan in hulle 100 jaar resep boek verskyn!

Bestanddele
450 ml melk
1 pak Bacon (die fyn een)
500 ml Cheddar kaas (ek gebruik baie meer, rasper ook enige soort wit kaas omtrent selfde hoeveelheid) DALK MOET EK DIE TERT MEERMIN SE KORSLOSE KAAS SOUT TERT noem šŸ˜‰
125 ml koekmeelblom
3 eiers geklits
1 ui (fyn gekap) kan twee uie ook gebruik
Sout
AROMAT
Pepper
Sweet Basil of Parsley (droog) na smaak

Meng alles saam. Smeer ‘n oondvaste bak. Skep daarin en bak tot gaar. Kan ronde Pyrex bakke of langes gebruik maak geen verskil nie. Lekker eet, in my huis word hierdie tert net nooit koud nie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 832 times, 1 visits today)
Advertisements

2 thoughts on “Blitsvinnig heerlike korslose souttert”

  1. Wil julle maar net laat weet dat ek met hierdie resep van my, die Eskort kompetisie gewen het!! Die resep gaan in hulle 100 jaar resep boek verskyn!

Leave a Reply to Erika aka Meermin Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *