Clarisse se groot plaas ete ~ RSG

Bestanddele
Springbok rugstring in skywe gesny en gekap met vleishamer

Bestanddele en Metode Marinade
2 koppies olyfolie
4 eetlepels blatjang
1 eetlepel knoffel
1 eetlepel mosterd
Bietjie suurlemoensap
Bietjie rooiwyn

Meng bestanddele vir sous saam, voeg vleis by, en marineer vir ‘n uur.
Braai of bak in pan.

Bestanddele Aartappel Sous
Aartappel bal rolletjies
Klaar gemaakte deeg
2 koppies room
2 pakkies Potato Bake (cheese and chives & cheese and bacon) – maak sous aan met room

Metode
Smeer swaarboom oondbak met Spray & Cook en voeg ‘n kwart van die sous in pot.
Maak rolletjies van deeg (die grote van jou vuis) en pak dit al in die rondte onder in die pot. Gooi die res van die sous oor. Bak oop in oond vir 1 uur teen 180 grade Celsius. Bak ‘n uur voor ete, haal uit en eet dadelik!

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 93 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *