Groente-frittata

Bestanddele
30ml botter
15ml olyf-of sonneblomolie
1 klein ui (geskil en gekap)
1 huisie knoffel (fyngemaak)
250ml gekapte gaar spinasie of murgpampoen of broccoli
4 ekstra-groot eiers (geklits)
250g sampioene (dun gesny)
60g (180ml) gerasperde parmesaankaas
5ml droë gemengde kruie
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode
Verhit die botter en olie in ’n groot, plat pan. Braai die knoffel en uie tot sag en ligbruin. Voeg die sampioene by en roerbraai vir 2 – 3 minute. Voeg spinasie (murgpampoen of broccoli) by en roerbraai vir nog 2 – 3 minute. Skakel die oond se roosterelement aan. Meng die eier, kaas, kruie, sout en peper en gooi oor die groente in die pan. Verminder hitte en laat eier stadig stol. Indien nodig, gebruik spaan om eier na die middel van die pan te stoot sodat rou eier na die kante kan vloei om te stol. Braai totdat eier amper gestol is. Plaas onder the oondrooster tot ligbruin. Laat gly frittata uit op ’n opdienbord. Sny in skywe en bedien

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 549 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *