Hessie se wild frikkadelle ~ RSG

Bestanddele
500 g Wilds maalvleis (400 g wild en 100 g varkvleis)
Voeg die volgende bestanddele by:
1 fyn gerasperde ui
2 eiers
1 koppie broodkrummels
1 teelepel maalvleis speserye
2 teelepels sout
½ teelepel swartpeper

Metode
Meng bestanddele deeglik. Indien te styf is, verdun met melk. Maak klein bolletjies van die maalvleis en braai tot bruin in ‘n platboompot of braaipan met kookolie

Bestanddele en Metode Sous
Neem 1 blikkie hoender roomsop en voeg 3 koppies melk by. Gooi sous in pan waarin (die olie moet nie verwyder word nie) vleis bolletjies gebraai is. Roer deeglik tot dit kook. Voeg dan vleis bolletjies by. Prut vir 10 minute. Bedien met gegeurde rys en vars opgekookte groente.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 4,101 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *