Heuningkoek

Bestanddele
250ml koekmeelblom
20ml bakpoeier
125ml suiker
knippie sout
25ml margarine
125ml melk
1 eier, geklits

Stroop
25ml margarien
37,5ml heuning of gouestroop
10ml warm water
knippie sout

Metode
Voorverhit die oond tot 180°C. Sif die droë bestanddele saam. Verhit die margarien en melk saam tot louwarm. Voeg die eier by die melkmengsel en meng goed. Voeg die droë bestanddele by. Giet die beslag in ‘n gesmeerde, oondvaste bak en bak dadelik 15 – 20 minute lank of tot goudbruin. Kook al die stroop bestanddele saam en giet kokend oor die koek sodra dit uit die oond kom. Sit met room of vla voor indien verkies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 4,352 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *