Johan se langsous-vis ~ RSG

Bestanddele
800g stokvis filette
Sout en peper
1 ui, in ringe gesny
Olie
250g knopiesampioene
60 ml pietersielie
30ml botter
30 ml koekmeel
Melk
45 ml sherry
2ml paprika
120g gerasperde cheddarkaas

Metode
Voorverhit oond op 180 grade. Smeer ‘n oondvaste bak en plaas vis in bak. Geur met sout en peper en plaas in oond en bak vir 20 minute. Giet die vloeistof van die vis af en hou eenkant. Soteer uie en sampioene in bietjie olie tot bruin. Skep dit oor vis en sprinkel pietersielie oor. Vul vis vloeistof aan tot 250ml met melk. Smelt botter en voeg meel by (soos vir witsous). Voeg melkmengsel by en geur met sout en paprika en voeg 50 g kaas by. (Maak soos wat jy kaassous sou maak). Giet oor vis en strooi res van kaas oor en bak vir verdere 15 minute in oond.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 137 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *