Johan se vier-in-een dis ~ RSG

Bestanddele

1 ui, opgekap
1 blikkie Italiaanse tamaties
2 blikkies sousbone (baked beans)
½ koppie asyn
½ koppie suiker
1 blikkie tamatiepuree

Metode

Braai ui in ‘n bietjie olie tot glaserig. Voeg tamaties by wat bietjie opgekap is. Daarna voeg jy die sousbone, asyn en suiker by en laat dit ‘n bietjie prut. Voeg tamatiepuree by. Indien die mengsel te loperig is, kan jy dit dik maak met bietjie aangemaakte Maizena. Dit kan gebruik word as ‘n soetsuursous vir varkvleis of as ‘n pasta sous, sous by braaivleis of selfs as ‘n sous oor brood.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 172 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *