KORSLOSE SOUTTERT.

Dankie weereens Meermin

1 Blik Bully Beaf (baie lekker met bacon, fyn gesny braai saam met ‘n ui in bietjie olie, hou eenkant)
500 gram gerasperde cheddar kaas (ek gebruik baie meer, wat ek doen is, ek rasper cheddar kaas en enige wit kaas saam)
2 kop. melk
2 tl. mosterd (kan dit uitlaat)
2 tl. pietersielie (of sweet basil net so lekker)
sout en peper en moenie die aromat vergeet nie
4 eiers
1 ui fyn gekap (ek gebruik soms twee uie)
2 eetl. koekmeel

Meng alles, gooi in gesmeerde bak. Bak in ‘n matige oond tot gestol. By my word hierdie souttert nie koud nie!!!!

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 11,881 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *