Marie se vis en skyfies ~ RSG

Bestanddele
Stokvis
Blikkie geroomde sampioene
Cheddar kaas
Klein pakkie kaas en uie skyfies
Knoffelsout
Worcestersous

Metode
Sny stokvis in blokkies en plaas in goed gesmeerde oondbak. Voorverhit oond tot 180 grade. Gooi sampioene oor vis en dan bietjie van die gerasperde kaas. Meng skyfies met Worcestersous en knoffelsout, maak skyfies fyn. Plaas skyfie-mengsel bo-oor en strooi weer gerasperde kaas oor. Sit in oond en bak oop, totdat kaas goudbruin is.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 118 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *