MEERMIN se Aartappelsop

10 aartappels
1 liter water
40ml botter (jy kan meer ook gebruik)
3 uie, fyn gekap
10ml sout
2ml peper (ek gebruik gewoonlik ‘n bietjie meer)
Aromot, na smaak, Sweet Basil, na smaak,
5ml pietersielie (kan dit uitlaat)
375ml room/melk

Skil en sny die aartappels in blokkies. Kook in water tot sag. Druk aartappels in water fyn. Braai uie in die botter tot bruin. Voeg dit by die aartappels. voeg die sout, peper, aromat, sweet basil en pietersielie by. Voeg die room by die aartappelmengsel en meng. Laat die sop op kook. Indien te dik, verdun met melk. Sit sop met roosterbrood voor.

Heerlik saam my Mieliebrood.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 449 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *