Melkkos ~ RSG

Bestanddele en Metode
Dit behoort so 15 minute te duur om alles klaar te maak van begin tot end. Sowaar.
Kook 2 liter melk. Sif 1 koppie koekmeel en 1 teelepel sout saam. Loer dat die melk nie oorkook nie. Vryf 1 eetlepel sagte botter (Onthou: Margarien is NIE botter NIE!) met die vingerpunte by die meel in sodat dit frummels maak. Voeg die frummels geleidelik by die kokende melk terwyl daar gedurig geroer word. Daar sal klonte vorm, maar hou net moed. Sit die deksel skuins op en prut vir ongeveer 8 minute
Klaar! Skep op in bakkies en bedien met kaneelsuiker. Voeg klontjies botter by as jy nie gepla is met cholesterol nie!.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 349 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *