Mieliepap-poffers

Bestanddele
250ml koekmeelblom
250ml warm, gaar mieliepap
1 eier
65ml gerasperde kaas
Knippie sout
15ml bakpoeier
Kookolie
Gegeurde Sout

Metode
Voeg koekmeelblom geleidelik by pap en roer deurentyd. Klits eier en roer by pap-en-meelmengsel in. Voeg kaas en sout by. Voeg bakpoeier by en meng goed. Verhit kookolie oor matige hitte in ‘n swaarboombraaipan. Drup ‘n vol lepel meel daarin.
Braai aan albei kante en tot goudbruin. Strooi gegeurde sout oor en sit warm voor

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,012 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *