PASTA ~ Dr Akker

Baie dankie wir jou bydrae Dr Akker

Bestanddele
30ml olie
30ml botter
3 groot tamaties, ontvel en gekap
1 groot ui, opgekap
2 X 8 porsies boudjies en dytjies.(ontvel)
braai speserye van keuse
fyn naeltjies
600gm Vars pasta (eier noedels)
30 ml Den neute
sout na smaak
3 teelepels suiker

Metode
Braai ui in deel van botter&olie. Voeg tamatie, sout, suiker, by. Kook tot moes.
Braai hoender in ander pan en besprinkel goed met braai speserye en bietjie naeltjies, tot gaar. Hou warm. Voeg pasta by tamatiemoes en indien nodig, voeg bietjie water by. Kook soos aanwysing op die pakkie (3 min.) Oppas vir aanbrand. Voeg neute by tamatiemengsel. Roer deur en skep in opdienbak. Plaas hoender bo-op en bedien warm.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 179 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *