Petro se brood

Bestanddele
3kg broodmeel
50ml sout
3 pakkies kits suurdeeg
2 liter lou water
150ml olie

Metode
Meng die droë bestanddele goed. Maak aan met lou water en knie tot goed gemeng. Knie nou olie by. Maak goed en warm toe en laat rys vir 1 uur. Knie die deeg af. Smeer 3 broodpanne. Verdeel die deeg en plaas dit in die panne. Bedek die panne en laat verder rys vir 1 uur. Bak by 180 °C. vir 45 min.

Wenke
Volkoringbrood – Gebruik 1kg Witbroodmeel, 1kg Bruinbroodmeel en 1kg Volkoringmeel.

Potbrood – Gebruik die basiese resep, plaas die deeg in ‘n swart pot. Smeer ook die
deksel goed en plaas bo op die pot. Laat rys totdat pot vol is en bak.

Brood met Hobs – Gebruik dieselfde resep, maar vervang die 250ml van die louwater
met 250ml hops suurdeeg en laat die kitssuurdeeg weg.

Berei self Hops suurdeeg
Hobs suurdeeg verseker ‘n klammer brood wat langer vars bly.
4 aartappels
12.5ml Hops
250 ml suiker
250ml koekmeelblom
12.5ml sout
250ml ou suurdeeg

Metode
Sny die aartappels in skyfies en kook in 1 liter water tot sag, druk fyn. Kook hops in
2 liter water vir 10 min. Druk deur fyn sif en laat afkoel tot lou. Voeg suiker, meel en sout en ou suurdeeg by die aartappelwater. Voeg hopswater by. Laat staan en rys. Bêre in yskas. Gebruik 250ml suurdeeg vir 3kg meel.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 310 times, 1 visits today)
Advertisements

4 thoughts on “Petro se brood”

    1. Goeie More

      Eerstens dit is hops en nie hobs nie. Ek het ongelukkig nie die spelfout gesien nie, maar het dit intussen reggemaak.

      Hops word gebruik in die proses om bier te brou. Glo dit kan gekoop word by goeie gesondheids winkels.

      https://af.wikipedia.org/wiki/Hops

      1. Baie dankie. Ek weet wat hops is. Het gewonder of dit is wat bedoel word, maar dit was 2 keer Hobs gespel, toe wonder ek of dit die “brand name” van iets is…

    2. Goeie more. Eintlik is dit hops. Op die resep was ‘n spelfout wat ek intussen reg gemaak het. Hops word in die verbrouing van bier gebruik. Mens behoort dit by goeie gesondheids winkels te kry.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *