Bestanddele
6-8 piesangs, geskil en in die lengte gehalveer
skil van 1 lemoen
sap van 3 lemoene (400ml)
100ml bruinsuiker
7ml fynkaneel
1 eetlepel (15ml) sjerrie
2 ½ teelepels (12,5ml) mielieblom & ekstra bruinsuiker
1 teelepel (5ml) botter
Metode
Voorverhit oond tot 190 ºC. Smeer ‘n oondvaste bak met botter of margarien. Plaas die piesangs met die plat kant na onder in die bak. Meng die res van die bestanddele buiten die ekstra bruinsuiker in ‘n kastrol en verhit tot kookpunt – roer voortdurend. Giet oor die piesangs en sprinkel ‘n klein bietjie van die ekstra bruinsuiker oor elke piesang. Bak omtrent 30 minute lank of tot die piesangs sag en ligbruin is. Dien op saam met room of roomys.
(Visited 102 times, 1 visits today)
Advertisements